Browsing articles in "Blog"
Nov
12
2013

Lizelle & Tiens | Citrusdal Country Lodge

DSC_2480

Lizelle en Tiens woon in Nieu Zeeland, en het hier in Citrusdal kom trou. Hulle is albei plattelande mense en het dan ook `n heerlike boeretroue gehad. Citrusdal Lodge is uiters geskik vir die naweek wegbreek troue. Al die gaste het dan ook oorgebly wat baie handig is. Lekker skaapbraai met al die lekker dinge daarby!. Baie dankie Lizelle en Tiens. Dit was `n voorreg om by julle troue te kon speel.

Nov
12
2013

LESLEY & SHAVON | Stellenrust

DSC_2960

Lesley and Shavon, two lovely young people, decided on Stellenrust to celebrate their wedding. It was a beautiful day, and the bride was radiant with happiness. The venue looked stunning, and as usual, the organization was impeccable. Catering was by the well known Joubert Caterers, and as always, the food was excellent. This is an excellent big venue, well located, and with great management. Thank you Lesley and Shavon for the privilege of helping to […]

Jun
6
2013

Marli & Stefan | De Uijlenes

Stralende paartjie

Marli en Stefan is twee pragtige mense, en het besluit op De Uijlenes vir hul troue aangesien daar volop slaapplek is en al die gaste op die venue akkommodeer kan word. Almal het die troue vreeslik geniet en tot 3uur die oggend gedans en gekuier. De Uijlenes is die perfekte venue vir `n lekker kuier troue. Die kos is uitstekend, en die seremonie in die bos is werklik iets besonders. Ek sien uit daarna om nog baie […]

May
28
2013

Marilize & Christian | Opstal, Rawsonville

Stralende bruidspaar

Stunning venue!, dis wat hierdie vloot paartjie gekies het vir hulle troue. Pragtige uitsig, uitstekende organisasie, en fantastiese kos. Alles het bygedra tot die sukses van hierdie pragtige paartjie se groot dag. Mens kan gerus hierdie plek besoek, al is dit nie vir `n troue nie. Vriendelike gasvrou, en uitstekende personeel dra by tot die sukses van hierdie pragtige venue. Baie dankie Marilize en Christian vir die heerlike troue.

May
27
2013

Anja & Francois | Kleine Marie

Stralende Bruid en Gom

Anja en Francois het hierdie pragtige, gevestigde venue gekies vir hulle onthaal. Alles was pragtig, met uitstekende gehalte diens en kos. Die venue het stunning gelyk, en die Bruid en Bruidegom het hulle troue terdee geniet. Wel gedaan vir die knap span van KLEINE MARIE. Baie dankie Anja en Francois vir die geleentheid om deel te kon wees van julle groot dag.

May
21
2013

Lisa & Jaco | Fraaigelegen

Stralende paartjie

Lisa en Jaco het Fraaigelegen gekies vir hulle troue. Ons ken Fraaigelegen baie goed en kan hulle beslis aanbeveel. Louis en sy span bedryf werklik `n uitstekende venue. Baie dankie Lisa en Jaco vir `n pragtige troue.

May
14
2013

Celest & Duanne | Babylonstoren

Stralende paartjie

Celest en Duanne het `n pragtige herfsoggend gekies on te trou by seker een van die heel mooiste venues in die land. Babylonstoren bied eenvoudig alles wat enige bruid kan voor vra. Die pragtigste geboue, die mees fantastiese tuine, en natuurlik, `n trop ganse om die bruid in te lei! Die kos is ongelooflik lekker, en so pragtig vertoon!. Alle dekor, word op die plaas self geproduseer en is pragtig. Mens moet eenvoudig hierdie pragvenue […]

May
10
2013

Anje & Hugo | Eensgezind

Aankoms van die gelukkige paartjie

Anje en Hugo is `n pragtige paartjie en Anje het regtig baie mooi gelyk. Eensgezind is een van die min venues wat gebou is om `n trouvenue te wees, en as sulks, is al die geriewe perfek uiteen gesit. Pragtige uitsig oor die dam en landerye met `n heerlike lang stoep vir die canapés. Die venue word uiters professioneel bestuur deur die Louw familie, wat pal sigbaar is. Alles is natuurlik dan ook perfek. Uitstekende […]

May
8
2013

Dalien & Etienne | Landtscap

Eerste Dand

Wat `n fantastiese venue!. Bo-op die berg teenaan Stellenbosch, met ongelooflike uitsig reg rondom. Dalien en Etienne het mekaar reeds op Stellenbosch Universiteit ontmoet, maar het eers verlede jaar weer bymekaar uitgekom. Etienne het nie gras onder sy voete laat groei nie en het alles uitgehaal om hierdie spesiale vrou aan te keer! Hulle pas bymekaar soos Shiraz en Chocolate! Perfek! Wat `n wonderlike troue. Die venue is great, en alles daar was uitstekend. Die […]

Jan
8
2013

Althia & Breandon | Paternoster Beach & The Noisy Oyster

Mr and Mrs!

Althia and Brandon were determined to tie the knot on the beach, gale force winds notwithstanding! It was a beautiful day and nobody complained about the wind. A great time was had by all. The reception was held at The Noisy Oyster restaurant in Paternoster. Good luck guys.