Jan
6
2012

Nola & Eugene | Durbanville Hills

Nola en Eugene is `n stunning paartjie en het `n ongelooflike troue by Durbanville Hills gehad.

Die Huweliksoffisier was Nola se tante, Adri-Mari, en sy het haarself baie goed van haar taak gekwyt. `n Pragtige vrou met `n pragtige persoonlikheid.

Alles het baie goed afgeloop by die seremonie onder die olyfbome en die onthaal in die pragtige restaurant was wonderlik. Durbanville Hills se kos is uit die boonste rakke en veral die Lam Rogan Josh was van uitstaande gehalte. Wel gedaan aan die Durbanville Hills span.

Related Posts

About the Author: Hein Von Solms

2 Comments + Add Comment

  • Met die eerste paar woorde wat Hein oor die telefoon gespreek het op navraag van dienste, het mens dadelik besef ons is in veilige, professionele hande vir die groot GROOT groot dag. Die beste toerusting vir binne en buite in die tuin is gebruik, en met subtiele raad so af en toe en die regte ondersteunende woorde wat handig te pas gekom het.

    Die musiek was uitstekend, die regte agtergrond musiek teen die regte volume, die los litte dans vir die jonk van ouderdom en gees, en net genoeg van langarm om almal gelukkig te maak. ‘n Volledige spens van musiek keuses vir almal se smaak.

    Die fotos wat die paket volltooi het kon netsowel van ‘n professionele fotograaf gekom het.

    Danie Hein – dat jy so ‘n wonderlike dag daardie eksta spesiaal vir Nola, Eugene en familie gemaak het!

    • Baie dankie Adri-Mari vir jou liewe woorde. Ek waardeer dit!
      Dis omdat ek passievol is oor my werk dat dit vir my so belangrik is dat die dag vlot verloop. Ek sien baie uit daarna om jou weer eendag raak te loop!
      Baie liefde

      Hein

Leave a comment