6
2011
Melissa & Christiaan | Fraaigelegen, Paarl
Christiaan en Melissa is werklik `n baie oulike paartjie. Ek sommer van die begin af baie van hulle gehou, en het ook hulle troue vreeslik baie geniet.
Fraaigelegen is weer in die hande van Louis en sy vrou Mari. Hulle het werklik baie moeite gedoen om die venue reg te ruk. Die kos was uitstekend. Kan jy glo!, individuele hoender pot pasteie vir 100 mense!, EN, sirloin steaks gebraai soos jy dit wou he!, deur Louis wat nie eens gestres gelyk het nie!. Wel gedaan julle!.
Ek sien uit daarna om sommer baie kere nog daar te werk.